Het u hulp nodig om 'n unieke reisplan vir u verblyf te maak? Of, het jy eenvoudig 'n vraag wat ons nie beantwoord het nie? Kom in kontak met ons en ons sal dadelik terugkom.
Grootbos is ideaal geleë om jou baie na aan die manjifieke Suidkaper-walvisse te bring. Hulle migreer elke jaar van die ysige Antrartika na ons warm, beskermde baai om te paar, te kalf en hul kleintjies groot te maak. Om hulle in hul natuurlike omgewing te sien, is iets wat jou met verwondering sal vervul.
Gaan aan boord van die luukse walviskyk-boot “Dreamcatcher” van Dyer Island Cruises in Gansbaai en geniet ‘n vaart onder leiding van ‘n marine-bioloog. Jy sal dalk ook dolfyne, pikkewyne, robbe en Grootwithaaie sien.
Stap aan boord van ‘n vliegtuig en sien die walvisse onder jou en kom onder die indruk van net hoe enorm dié soogdiere werklik is. Ons vliegtuie is ideaal geskik vir daardie perfekte skoot van groot groepe wat paar sowel as ma’s wat hulle pasgebore kalfies soog.
Stap op die rotse en kuspaadjies van De Kelders saam met ons ingeligte gidse na al die beste uitkykpunte. Kyk hoe die branders breek en bruis en luister na die geklap van die walvisse se enrome sterte, kyk hoe hulle gedeeltelik bo die water verskyn en water die lug in blaas terwyl hulle tot enkekle meters van die kus af kom.
Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.