Dag 1 - Oorsig
Arriveer by Grootbos Natuurreservaat en geniet ‘n heerlike middagete van bestanddele in seisoen wat op ons organiese plaas gekweek word. Bespreek in by jou suite en gaan dan op ‘n uitstappie om walvisse van die land af dop te hou, met Suidkaper-walvisse so na as 30 meter van die kus af. Drink ‘n skemerkelkie op die balkon van ons Whale House en geniet later ‘n onverbeterlike 6-gang aandete wanneer ons terug is by die lodge.
Misterie en verwondering
Dag 2 - Oorsig
Ná ‘n koppie koffie en iets soos ‘n croissant vertrek jy na Kleinbaai-hawe waar jy aan boord van ‘n luukse boot die Groot Vyf van die See, walvisse, haaie, pikkewyne, dolfyne en robbe, in al hul glorie sal ervaar: Keer laatoggend terug vir ‘n heerlike ontbyt/middagete voordat jy in jou suite of die skoonheidsalon ontspan. In die middag sal ons na die ongerepte strande van Walkerbaai gaan waar jy meer sal leer oor eeue oue grottte en die interessante geskiedenis van die gebied.
Misterie en verwondering
Dag 3 - Oorsig
Maak jou ná ontbyt gereed vir ‘n opwindende blommesafari in ‘n 4X4 van waar jy helderkleurige blomme en voëls wat hulle bestuif, sowel as woude, valleie en wye vergesigte sal ervaar. Ná ‘n heerlike middagete stap jy aan boord van ‘n Cessna en bekyk die walvisse uit ‘n totaal ander perspektief tydens ‘n onvergeetlike vlug van 30 minute oor Walkerbaai. Sluit jou dag af met ‘n heerlike 6-gang aandete in een van ons restaurante.
Misterie en verwondering
Dag 4 - Oorsig
Gaan saam met een van ons gidse op ‘n vroegoggend-wandeling deur die betowerende Melkhoutwoud terywl die voëltjies rondom jou sing en jy die oggendlug en -lig geniet. Vertrek ná ‘n rustige ontbyt en laat Grootbos agter met ryke herinneringe en ‘n verkwikte siel.
Misterie en verwondering