Dag 1 - Oorsig
Arriveer by Grootbos en voel onmiddellik ontspanne terwyl jy die vergesigte bewonder en ‘n indrukwekkende middagete geniet. Gaan maak ‘n draai in jou suite, ontspan ‘n rukkie en besoek dan die strande van Walkerbaai saam met ‘n gids wat jou meer sal vertel oor historiese grotte langs die kus terwyl jy die natuurskoon bewonder. Ervaar in die aand ‘n smaaksensasie tydens ‘n ses-gang maaltyd met bekroonde Suid-Afrikaanse wyne wat by elke gereg pas.
'n Vakansie met 'n hart
Dag 2 - Oorsig
Geniet ontbyt en besoek dan ons Green Futures-projek, ‘n tuinboukunde- en lewensvaardighede-kollege wat plaaslike studente met nuwe vaardighede toerus. Sny sade in die kweekhuis, snoei inheemse plante in die kwekery of woon ‘n teorieklas in die klaskamer by. Ry in die middag na ons pragtige sportvelde en Football Foundation waar jy sal sien hoe sport vir sosiale ontwikkeling ingespan kan word. Jy kan ook die plaaslike township Masakhane en die gemeenskap van Blompark besoek, die tuiste van baie van ons studente, afrigters en suksesverhale.
'n Vakansie met 'n hart
Dag 3 - Oorsig
Ná ‘n heerlike ontbyt vertrek ons langs ‘n mooi roete na Siyakhula, ons organiese plaas. Hier sal jy die inspirerende vroue van ons voedselproduksie-kollege ontmoet en die vrug van hulle arbeid bewonder: rye helderkleurige groente, byekorwe tussen die fynbos, werfhoenders, varke en nog baie meer. Dan wag daar ‘n heerlike piekniek-middagete op die plaas, geïnspireer deur die vars produkte rondom jou. Ná middagete kom perdry aan die beurt terwyl jy die 2 500 hektaar van ongerepte natuur deurkruis. Geniet die aand weer een van ons ses-gang maaltye en gaan slaap versadig en tevrede.
'n Vakansie met 'n hart
Dag 4 - Oorsig
Gaan haal weer voor ontbyt eiers uit en gaan dan stalle toe om te help om die perde en ander plaasdiere te voer. Vertrek van Grootbos af met ‘n hele klomp wonderlike gesinsherinneringe om saam te neem.
'n Vakansie met 'n hart