Het u hulp nodig om 'n unieke reisplan vir u verblyf te maak? Of, het jy eenvoudig 'n vraag wat ons nie beantwoord het nie? Kom in kontak met ons en ons sal dadelik terugkom.
Ons skoonheidsbehandelings geskied in die kalmte van ‘n Melkhoutbos of naby lowerryke tuine, ware toevlugsoorde waar spanning verdryf word en stres wegsmelt. Helende hande en natuurlike, plaaslike produkte dra alles by tot die rustige ervaring, wat verseker dat jy ons kalmer, sterker en meer gebalanseerd verlaat.
Ná ‘n dag van verskeie aktiwiteite kan jy behandelings ervaar in ons luukse salonne of in jou eie suite, of selfs in die bos met die bome en voëls as geselskap. Ons het twee ten volle toegeruste skoonheidsentrums, een is naby Garden Lodge.
Die ander een is diep in die Melkhoutbos, ‘n entjie van Forest Lodge af waar jy omring sal wees deur die geluid van bome in die wind en selfs dalk ‘n skaam Bosbokkie sal sien.
Asem die unieke Grootbos-geur van ons boegoe-gegeurde skoonheidsprodukte in en voel hoe die moegheid verdwyn terwyl ‘n hoogs gekwalifiseerde masseuse jou gespanne skouers masseer.
Met enigiets van shiatsu tot gesigsbehandelings, manikure tot masserings, sal ‘n afspraak by ons skoonheidsentrum sorg dat jy ontspan en in alle opsigte goed sal voel.
Jel, wat langer as gewone naellak hou, in ‘n groot verskeidenheid kleure
Laat jou voete versorg, en ontspan volkome
Opgeleide refleksikoloë sal stres uit jou lyf verdryf
Verwydering van hare op die bene, onder die arms, langs die bikinilyn, en meer
Bederf jouself met ‘n vernuwende gesigsbehandeling
Kry sagte, gladde, pragtige hande
Verleng jou wimpers met 'n unieke tegniek
Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.