Het u hulp nodig om 'n unieke reisplan vir u verblyf te maak? Of, het jy eenvoudig 'n vraag wat ons nie beantwoord het nie? Kom in kontak met ons en ons sal dadelik terugkom.
Ons sorgvuldig saamgestelde ervarings by Grootbos, geïnspireer deur ons ongerepte omgewing, het bewaring en die gemeenskap as kernwaardes.
Dié opwindende ontmoeting met een van die natuur se mees gevreesde roofdiere sal jou vir jare bybly. Besoek ons onderwater-wonderwêreld saam met ‘n toermaatskappy wat hom daarop roem dat ervarings op ‘n verantwoordelike manier onderneem word – terwyl die diere en die omgewing beskerm word.
Verken Haaihok-duikOm walvisse in hierdie ongerepte natuurlike omgewing te sien is amper ‘n spirituele belewenis. Dis waarom mense elke jaar van oral ter wêreld na Walkerbaai in die Wes-Kaap stroom. Sien Suid-kaper walvisse (Southern Right Whales) tydens ekskursies op land, van ‘n boot af, of uit die lug -- ‘n onvergeetlike ervaring.
Verken WalviskykOns is bekend vir ons unieke botaniese safari’s in ‘n oop Land Rover, waar ons ingeligte gidse gaste interessante feite meedeel oor die lieflike voëls, plante en diere in hierdie blommeparadys. Word stil en ervaar die wonderwêreld rondom jou opnuut.
Verken Botaniese 4X4-ritDaar is iets spesiaals daaraan om ’n plek te perd te verken. Perdry by Grootbos is vir almal geskik, ongeag of jy ‘n beginner is of ‘n meer ervare ruiter is. Ry deur die fynbos of kies een van ons perde wat spesiaal vir ritte langs die strand afgerig is. Die 18 perde in die stalle op die reservaat word goed versorg en deur kundiges afgerig, en ons gidse het jare se ervaring van hoe om met die adellike diere te werk.
Verken PerdryErvaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.
Verken Wandelinge en staproetesDit is een van die min plekke ter wêreld waar jy so ‘n groot verskeidenheid marine-lewe in die natuur kan sien terwyl hulle kos soek, paar en speel. Gaan op ‘n luukse boot uit op die see om die Groot Vyf van die See te sien: Suidkaper-walvisse, Grootwithaaie, Stompneusdolfyne, Kaapse pelsrobbe en Brilpikkewyne.
Voel verfris, kalmer en rustiger ná een van etlike behandelings by een van ons twee skoonheidsalonne. Geniet ‘n diepweefsel-massering met net die bos rondom jou, of voel bederf deur ‘n gesigsbehandeling deur ’n terapeut met helende hande.
Verken SkoonheidsbehandelingsDie pragtige koorsang wat oor Grootbos gehoor word laat jou onmiddellik besef dat voëlkyk hier uitsonderlik gaan wees. Sien seldsame voëls saam met ‘n gids of kyk sommer net na die skoonheid en kleur terwyl jy om die lodge rondloop.
Verken VoëlkykGrootbos is nie net spesiaal vanweë ons ligging in die ongerepte natuur of die onvergeetlike ervarings wat ons vir gaste bied nie. Dit is ook spesiaal vanweë die mense wat hier woon en werk. Deur ons Progressiewe Toerisme-toer hoop ons om jou oë oop te maak vir ons unieke manier van dinge doen -- wat uiteindelik ‘n nuwe manier van leef en ‘n meer progressiewe benadering tot toerisme wêreldwyd inspireer.
Verken Progressiewe Toerisme-toerDaar kan skaars ‘n beter manier wees as om hierdie unieke gebied uit die stuurkajuit van ‘n ligte vliegtuig te besigtig. Spesiale vensters maak van die vliegtuig ‘n fotograaf se droom terwyl gesoute vlieëniers en ons eie landingstrook sorg dat jou vlug veilig, lekker en gerieflik is.
Verken Uitsig-vlugteDie unieke uitstappie na die mees suidelike punt van ons vasteland is vol interessante stories, unieke ervarings en dit bied ons gaste die kans om meer te leer oor die mense en die plekke waar hulle woon.
Verken Die mees suidelike punt van AfrikaMet sommige van die mees ongeskonde en skoon strande ter wêreld kan ons vir jou alles bied van wandelinge langs die see tot besoeke aan historiese grotte onder leiding van ons gidse. Jy kan in die son lê met walvisse nie ver van jou af nie, of piekniek hou terwyl die son oor die baai sak.
Verken Kus-safari (Grottoer en strande)Gee uiting aan jou avontuurlus en ry die omgewing plat op ‘n prettige, opwindende manier terwyl jy die berge, valleie en woude op ‘n vierwiel-motorfiets verken. Voortreflike gidse en ‘n ontspanne pas sorg vir ‘n veilige uitstappie, terwyl die lieflike omgewing die hele ervaring nog meer spesiaal maak.
Verken Ritte op vierwiel-motorfietseGrootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.