Het u hulp nodig om 'n unieke reisplan vir u verblyf te maak? Of, het jy eenvoudig 'n vraag wat ons nie beantwoord het nie? Kom in kontak met ons en ons sal dadelik terugkom.
Die argitektuur van Garden Lodge is geïnspireer deur die asemrowende natuurskoon van die omliggende omgewing. Die dakbalke herinner aan die takke van oeroue melkhoutbome. Vensters wat van die vloer tot die dak strek, laat natuurlike lig in en beklemtoon die ononderbroke uitsigte. Die landskap en interieur vloei ineen en skep ‘n unieke, sintuiglike ervaring.
By Grootbos is ons passievol oor ‘n volhoubare lewenstyl in harmonie met die natuur. Soos met al ons projekte, het hierdie etos ook die herbou van die Garden Lodge gerig. Die hergebruik van materiale van die oorspronklike gebou, eko-vriendelike water- en afvalbeheerstelsels, asook die gebruik van sonkrag en ander volhoubare energiebronne, is enkele van die volhoubaarheidspraktyke van die nuwe Lodge waarmee ons nader beweeg aan ‘n skoon, verantwoordelike leefstyl.
Garden Lodge het nog altyd gesinne met kinders van alle ouderdomme verwelkom. Met die huidige tendens van oud en jonk wat saam reis, is Garden Lodge die perfekte bestemming om spesiale oomblikke met geliefdes te deel. Die Lodge is ontwerp met gesinne en families in gedagte en beskik oor geriewe en aktiwiteite vir alle ouderdomme.
Garden Lodge se suites is so ontwerp dat dit as‘t ware deel word van ons inheemse tuine en die omliggende natuurskoon, en die asemrowende uitsig ten beste benut.
Die kalm ruimte van ons spa bestaan uit drie terapiekamers en ‘n sauna. Ons gekwalifiseerde terapeute staan gereed om jou met ‘n verskeidenheid verfrissende behandelinge te bederf.
‘n Temperatuur-beheerde swembad verwelkom besoekers heeljaar. Vanuit ‘n kleiner, verhitte plonspoel kan gaste die asemrowende uitsigte met skemerkelkies geniet.
Ons splinternuwe kinderkamer met ‘n woudtema spog met sy eie binnehof en ‘n verskeidenheid opwindende aktiwiteite.
Vensters wat van die vloer tot die dak strek laat natuurlike lig in en bied ononderbroke uitsigte wat jou laat deel voel van die omringende landskap.
Soos altyd, verwelkom ons steeds gesinne. Hierom bied Garden Lodge die perfekte balans tussen rustige afsondering en tyd vir saamwees.
By Grootbos is elke maaltyd nie net ‘n fees vir die oog nie, maar ook vir die palet. Lees meer oor ons uitstekende onthaalareas.
‘n Wandeling deur ons welige inheemse tuine lei jou na ‘n losstaande suite wat één raak met die indrukwekkende natuurlike omgewing. Elkeen van die ruim, elegante suites is luuks toegerus om jou gemak vir ‘n onvergeetlike besoek te verseker.
Met ‘n span gekwalifiseerde terapeute, drie behandelingskamers en ‘n sauna, is daar geen beter plek vir ontspan en verjonging. Terwyl jy deur groot vensters die uitsigte aanskou en ‘n behandeling geniet, sal jy opnuut bewus raak van jouself en die natuur.
Kindervermaak is nou meer opwindend as ooit tevore by die Garden Lodge! Die kinderarea sluit in; ‘n ruim, omheinde buite-speelarea met klimrame asook ‘n binnenshuise speelarea met ‘n blaredak geïnspireer deur die melkhoutbome van die omgewing. Spesiaal aangepaste kinderprogramme verseker ure se vermaak in ‘n veilige omgewing vir ons jonger besoekers.
Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.